Annamarie Koen van die Ladysmith Animal Anti Cruelty League het reageer op ’n berig dat honde aan takke vasgemaak is en is met afgryse vervul deur dit waarop sy afgekom het. “Met ons aankoms het die honde nog gehang en dit was duidelik dat hulle ’n stadige, aaklige dood gesterf het. Hulle is lewend opgehang en het stadig versmoor,” sê sy.

Annamarie sê sy en ’n kollega het die diere losgesny uit ’n boom wat langs ’n distrikspad in Driefontein geleë is. “Ons het die toue met ’n mes losgesny en toe die toue om hul nek losgemaak.

“Ek het geen benul wie die hart sou hê om so iets te doen nie; ek sou aanvaar dat hulle geestelik versteurd moet wees.

“Ek weet nie watter soort mens kan ’n dier in die oë kyk voor hulle ’n tou om sy nek draai en dit ophang terwyl dit worstel nie.”

Sy het bygevoeg die skuldiges is nog op vrye voete en kan klagtes van dieremishandeling in die gesig staar as hulle aangekeer word. Sy sê dit lyk of die honde Sondag opgehang is, en die voorval is Maandag aangemeld.

Bron: News24