[caption id="attachment_123423" align="alignnone" width="600"]Baba Leah-Marie word gereedgemaak vir die teater. Foto: Facebook Baba Leah-Marie word gereedgemaak vir die teater. Foto: Facebook[/caption]

Leah-Marie is op 15 Oktober 2015 nie net ’n maand te vroeg gebore nie, maar ook met ’n gaping in haar borsbeen – ’n ernstige defek wat moontlik tot ernstige skade aan haar organe kan lei.

Lees ook: Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Die gaping kan ook tot haar dood lei sou daar enige drukking op die area geplaas word.

Leah-Marie se ouers, Le Sueur en Manda van der Riet, het dadelik na klein Leah-Marie se geboorte agterkom alles is nie pluis met hul eersteling se asemhaling nie. Wanneer sy asem gehaal het, het daar ’n klein ballonnetjie op haar bors gevorm soos wat sy inasem en weer sou insuig wanneer sy uitasem.

[caption id="attachment_123424" align="alignnone" width="600"]Baba Leah-Marie en haar ouers. Foto: Facebook Baba Leah-Marie en haar ouers. Foto: Facebook[/caption]

Klein Leah-Marie is Maandag opgeneem by die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad. Spesialiste beplan ’n drie uur lange operasie om die binnekant van Leah-Marie se ribbes – die sogenaamde sternale helftes – aan mekaar te heg en so eindelik ’n volledige borsbeen te vorm.

Lees ook: Roerende oomblik toe baba vir die eerste keer sy ma duidelik kan sien

Dit sal glo die eerste keer wees wat só ’n operasie in Suid-Afrika uitgevoer gaan word.

[caption id="attachment_123425" align="alignnone" width="600"]'n Emosionele toneel in die hospitaal. Foto: Facebook 'n Emosionele toneel in die hospitaal. Foto: Facebook[/caption]

Dr. Susan Vosloo, die kardiotorakale chirurg wat die operasie gaan uitvoer, het in oorleg met ander spesialiste besluit om die sternale helftes na mekaar te trek om die gaping toe te maak. As dit gaan lyk of daar nie genoeg spasie vir die organe onder die ribbes sal oorbly nie, sal hulle ’n deel van Leah-Marie se drie boonste ribbes moet verleng met ’n been wat uit haar ander ribbes gesny is.

Le Sueur het aan Huisgenoot gesê die hele familie is by die hopsitaal en almal wag in spanning vir klein Leah-Marie om uit die teatersaal te kom.

“Ons is baie hoopvol en positief dat die operasie goed sal verloop,” het hy gesê.

Ander stories op Huisgenoot.com

Wie is die gelukkige verjaardagmeisie wat al dié geskenke gekry het?

Kyk: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Minstens 272 sterf in Ecuador-aardbewing

Kyk: Jy sal nie glo hoe Taylor Swift se nuwe haredos lyk nie!

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word