Volksblad berig die laerskoolleerder se 38-jarige ma en haar 31-jarige man het Maandag op aanklagte van poging tot moord en kinderverwaarlosing voorgekom.

Die landdros het aan die vrou gesê nog ’n aanklag van aanranding wat teen haar gemaak is, het ’n minimum tronkstraf van 10 jaar vir ’n eerste oortreder.

Volgens die Bloemfonteinse dagblad het die egpaar die meisie in die Krugerdriftdam buite Bloemfontein laat swem en haar aangerand en gedwing om aan te hou swem wanneer sy moeg was.

Sy is luidens berigte nou in pleegsorg.

SAPA