Hy lyk nog nes ’n sproetgesig-seun, maar in die gholfwêreld praat hulle reeds van die 22-jarige gholfsensasie Rory McIlroy as die nuwe Tiger Woods.

Veral nou, ná sy stoomroller-sege in die Amerikaanse Ope – die jongste speler wat dit in 88 jaar kon regkry.

Niemand was blyer oor die jong Ier se sege as sy pa, Gerry, nie. Ná die skouspelagtige oorwinning, nogal op Vadersdag, het pa en seun mekaar lank omhels.

Dis juis danksy sy pa dat Rory as die nuwe superster van gholf geloof word.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot vat ons ‘n nader kykie na hierdie belowende jongman se loopbaan en lewe.

Lees meer in die Huisgenoot van 30 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.