Dit het op 3 Julie by haar huis in die omgewing van Ekuthuleni by Elliot in die Oos-Kaap plaasgevind. Die man het voet in die wind geslaan.
 
Hy het egter Maandag sy rieme styfgeloop toe lede van die taxi-vereniging hom herken het. Hulle het hom by die taxi-staanplek in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.
 
In daardie stadium was die polisie op soek na die verdagte vir die besit van gesteelde goedere wat ’n TV, skootrekenaar en rekenaar ingesluit het. Die verkragting- en diefstalsaak kon ná sy inhegtenisneming positief met mekaar verbind word.
 
Kol. Gezani, groepsbevelvoerder, het sy dank aan die gemeenskap betuig. Hy sê dié voorval bewys hoe ’n sterk vennootskap tussen die plaaslike gemeenskap en die polisie ’n groot rol kan speel in die beveiliging van ’n gemeenskap en die stryd teen misdaad.