Jan Nel, die bestuurder van Zwartenbosch-gholf-en-leefstyllandgoed by Humansdorp, is Saterdagaand op die perseel geskiet. Volgens kapt. Gerda Swart het Jan en ’n kollega ná toesluittyd in hul motor gesit toe ’n gewapende persoon met ’n klapmus oor die kop hulle nader.  

Die passasier is deur die gewapende persoon aangesê om plat te lê, waarna daar ’n skoot op Jan afgevuur is.

Die koeël het hom teen sy agterkop getref. Hy is na die Humansdorp-hospitaal geneem waar hy behandeling vir ’n vleeswond ontvang het.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om met die polisie op Humansdorp by 042 200 4718 in verbinding te tree.

Bron: algoafm.co.za