Massachusetts.

Lindsay Miller was vasbeslote om haar vergiettes op haar kop te dra toe sy onlangs haar bestuurderslisensie moes hernu. Haar rede? Sy noem haarself ‘n ‘pastafarian’ – ‘n lid van die kerk van die Vlieënde Spaghettimonster.

Hierdie is nie ‘n vermaaklike kinderverhaaltjie nie. Dis die absolute waarheid dat daar inderdaad so ‘n kerk bestaan en dat die volgelinge as pastafarians bekend staan.

Volgens Wikipedia.com is die kerk ‘n sosiale beweging wat ‘n lighartige uitkyk op geloof bevorder. Dit staan terselfdertyd die onderrig van intelligente ontwerp en skeppendheid in staatskole teen.

Dis boonop maklik om by die kerk aan te sluit. Jy hoef net aan enige soort seremonie deel te neem, enige hoeveelheid fooie te betaal, enige soort belofte te maak, jou huidige geloof opgee, iets weet van Pastafarianisme en letterlik glo in die kerk van die Vlieënde Spaghettimonster.

Dis nie duidelik watter van die vereistes Lindsay gevolg het om lid van die kerk te word nie, maar haar versoek om vergiettes en al op haar foto te verskyn – gebaseer op haar geloof – is uiteindelik toegestaan.

Ons kan nie help om te wonder of sy haar vergiettes van haar kop afhaal wanneer sy groente voorberei nie.

Bron: Wikipedia.com, independent.co.uk, cbsboston.com