Dierekenners het aan die Daily Mail gesê honde-eienaars weet nie watter gevare sekere kosse wat vir mense veilig is vir diere inhou nie. Hul raad is dat mense beter ingelig moet word oor eetgoed wat honde siek, en selfs dood, kan maak.

Kenners meen eienaars se goeie bedoelings om hul troeteldiere te bederf kan veral aan die honde se niere en lewer skade aanrig.

Moenie hierdie kosse vir Wagter voer nie:

  1. Sjokolade
  2. Avokado
  3. Kaffeïen
  4. Makadamianeute
  5. Knoffel
  6. Uie
  7. Alkohol
  8. Xylitol, ’n versoeter wat in kougom en soetgoed gevind word.

Watter kosse mag ek my hond voer?

Dit is altyd beter om spesiale hondehappies by ’n veearts te koop, maar as jy jou hond met iets uit jou koskaste wil bederf, is hierdie opsies die veiligste:

  1. Grondboontjiebotter
  2. Jogurt
  3. Waatlemoen en appels
  4. Springmielies
  5. Wortels

Bronne: berganpet.com, Daily Mail, parade.condenast.com, cbsnews.com, aspca.com, sheknows.com, pawnation.com/dogs, cookinglight.com