Graaf Charles Spencer (49), Diana se broer, verhuur dié eiendom uit. Die landgoed Althorp in die graafskap Northamptonshire, Engeland, is waar Diana kleintyd gewoon het. Tot 50 mense kan in die huis op die landgoed slaap, en 200 kan op een slag vir ete aansit.

Dit gaan jou minstens R160 000 per week uit die sak jaag, en selfs meer as jy al die fieterjasies, soos ’n vyfgang-maaltyd (R4 900 per persoon) of bed en ontbyt (R8 100 per persoon), wil hê.

’n Vriendin van die ontslape prinses, Simone Simmons, is krities oor Charles se besluit om die eiendom te verhuur. “Die graaf het Althorp vir die publiek toegemaak omdat hy nie se suster se nagedagtenis wou besmet nie, maar nou doen hy juis dit deur die kamers te verhuur,” het sy aan Radaronline gesê. “Mense wat daar oornag, help hom net geld maak.”