Marli van Breda se ouers, Martin (55) en Teresa (54) en haar 22-jarige broer, Rudi, is Dinsdag met ’n byl doodgekap in hul huis in De Zalze-gholflandgoed.

’n Woordvoerder van die Vergelegen Medi-Clinic sê dat daar die afgelope 48 uur min verandering in Van Brenda se toestand was.

Daar is Dinsdagaand ’n noodoperasie op haar brein uitgevoer.

Die 16-jarige se toestand is sedertdien beskryf as kritiek, dog stabiel.

Die hospitaal het aangedui dat geen familie of vriende op hierdie stadium by haar toegelaat word nie.

Haar 20-jarige broer, Henri, bly intussen in die sorg van familie.

Henri het ligte beserings opgedoen in die aanval wat die lewens van albei sy ouers, sowel as dié van sy ouer broer, geëis het.

Niemand is nog gearresteer nie, maar ’n forensiese ondersoekspan het Donderdag weer die toneel van die misdaad besoek.

Aangesien die ondersoek na die gesinsmoord nog voortduur, is die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

Don Bosman, die gesin se prokureur, sê: “Ons sal ’n aankondiging rakende die begrafnis uitreik sodra die finale reëlings getref is.“

- Sapa