Johannesburg. ‘n Diep vrees het oor Bronwyn Grammar gekom toe sy onverwags van aangesig tot aangesig met Harvey Isha kom – die man wat agter ’n boom gestaan en toegekyk het hoe sy en haar vriendin met petrol deurweek en aan die brand gesteek word deur hul eie vriende as deel van ’n beweerde satanistiese sielverkoopritueel.

Bronwyn Grammer;Reason to smile again
“Ek het iewers verlede jaar na my ma toe gegaan. Toe sien ek hom in die strate van Johannesburg loop. Hy het na my gekyk en my geroep, maar koue rillings het deur my liggaam getrek. Ek wou net iewers veilig wees,” het Bronwyn (18) gesê. “Ek het omgedraai en aanhou loop. Hy het aangehou om my te roep. Ek het net vir myself gedink, ‘Nee! Ek het nou net daardie koue rilling gekry’.”

Aan die brand gesteek Harvey was een van drie seuns en ’n jong meisie wat in hegtenis geneem is vir die aanval op Bronwyn, toe 14 jaar oud, en haar beste vriendin Kirsty Theologo (18) in Oktober 2011. Die vierstuks het vir Bronwyn en Kirsty na ’n heuwel in Linmeyer gelok. Hulle was gewapen met ’n mes, petrol, tou, ’n aansteker, kerse en ’n Bybel. Tydens die verhoor het dit na vore gekom dat Bronwyn en Kirsty drankies aangebied was. Daar was remvloeistof by die drankies gevoeg.

Daar is petrol op die twee meisies uitgegooi waarna hulle aan die brand gesteek is.

Kirsty is vasgebind en oor die kop geslaan met ’n baksteen. Daar is petrol op die twee meisies uitgegooi waarna hulle aan die brand gesteek is. Dit was glo veronderstel om ’n satanistiese offer te wees. Die vierstuks het geglo hierdie ‘offer’ sal aan hulle mag, rykdom en roem bring. Nadat hulle hul offer gebring het, is die twee meisies vir dood agtergelaat. Maar hulle het oorleef en ‘n moedige Kirsty het vir Bronwyn teen die heuwel afgedra na haar huis. Ongelukkig was die brandwonde wat Kirsty opgedoen het, té ernstig en het sy later gesterf.

Harvey en die ander drie beskuldigdes het omtrent twee jaar in die tronk spandeer terwyl die poging tot moord- en moordverhoor aan die gang was. Toe die uitspraak in November 2013 gelewer is, het regter Geraldine Borchers hom vrygespreek van alle aanklagte. Sy het gesê sy nie glo Harvey was van plan om aan die ritueel deel te neem nie. Lindon Wagner en Robin Harwood is langtermyn-tronkstraf toegedien, terwyl die ander beskuldigde, Courtney Daniels, ’n opgeskorte vonnis ontvang het.

Teleurgesteld

Bronwyn sê sy het nie vir Harvey so goed geken nie, maar sy was teleurgesteld dat hy net gestaan en toekyk het terwyl hulle aangeval word. Hy het aan die hof gesê dat hy geskok was oor wat voor hom aangaan.

“Ek het niks van hom verwag nie maar wat die meeste seergemaak het is dat hy ons nie gehelp het nie, al was hy gedreig,” het sy gesê. “Hulle het almal weggehardloop nadat ek en Kirsty aan die brand gesteek is, insluitend Harvey. Hoekom het hy nie teruggekom en ons nie gehelp as hy so onskuldig is nie?” het sy gevra.

Bronwyn sê sy is in geen posisie om hom te veroordeel nie maar het dit alles in God se hande gelos.

“Ek was een aand in die bed toe dink ek vir myself: Ek bid elke aand tot die Here en ek vra Hom om my te help hierdeur. Hoe kan ek vir vergifnis kan vra as ek nie kan vergewe nie?” het sy gesê. “Dit is toe ek besef dat ek nie vir enigiemand gaan sê dat ek hulle vergewe nie want niemand hoef te weet nie. Solank ek weet dat ek myself vrylaat van hulle af.”

Pleegsorg

Vir Bronwyn was die jare na die aanval lank. Sy (een van sewe kinders) het ook voortdurend rondbeweeg van een pleegsorghuis na die ander omdat haar ma nie kon bekostig om haar te onderhou nie.

Bronwyn begin nou met ’n nuwe hoofstuk in haar lewe begin en sy praat skaars oor die aand van die aanval. Sy sê dit was moeilik vir haar om te begryp wat met haar en Kirsty gebeur het toe sy van aangesig tot aangesig met haar aanvallers in die hof gekom het.

“Die eerste keer in die hof het ek gebreek. Al die herinneringe en terugflitse van oomblikke wat ons gehad het en tye wat ons saam spandeer het, het deur my gegaan,” het Bronwyn gesê.

“Ek was stukkend, kwaad, hartseer, verward, verlore, seer, verward, seer – noem ’n emosie en ek het dit gevoel. Dit was moeilik omdat hulle vriende was. Op daardie tyd kon ek nie die prentjie bymekaar bring nie: vriende en seerkry. Dit het nie sin gemaak nie,” het sy gesê.

Letsels

In verskeie hofverrigtinge het Bronwyn serpe om haar nek gesit om die letsels weg te steek wat sy daardie aand van die petrolbrande opgedoen het. Maar op die dag van haar onderhoud met Nuus24 het Bronwyn met haar kaal nek met baie meer selfvertroue voorgekom.

As sy fondse kan insamel om te gaan studeer dink sy aan ’n toekoms as ’n onderwyser, en sy droom van reis en ’n suksesvolle toekoms. Vir nou bly haar fokus egter op skool. Een dag op ’n slag.

News24