Die studeerplek

Huiswerk moet elke dag op dieselfde plek gedoen word waar daar nie afleiding is nie; rig daarom ’n vaste studeerplek in ’n stil hoekie van die huis in.

  • Die lessenaar en stoel moet die regte grootte wees; jou kind moet regop kan sit en sy voete moet aan die vloer raak.
  • Die ideale lessenaar het twee tot drie laaie. Hou ekstra skryfgoed in die boonste laai, skoon papier in die middelste en gebruik die onderste vir naslaanboeke soos woordeboeke.
  • Moedig kinders aan om hul huiswerk smiddae in natuurlike lig te doen, maar namate hulle ouer word, sal huiswerk saans gedoen word. Die beste keuse vir ekstra beligting is ’n lamplig wat van bo af op hul werk skyn sodat daar geen skadu’s is nie.

Skryfgoed vir huiswerk

  • Ekstra skryfgoed kan in ’n eetgereihouer in die boonste laai van die lessenaar gehou word.
  • Om afleidings te beperk, sorg dat dit al die nodige skryfgoed bevat: twee blou penne, twee HB-potlode, ’n 30 cm-liniaal, ’n gewone skerpmaker wat werk, ’n uitvee¨r wat werk, twee kleurpenne, ’n stel van 12 kleurpotlode, ’n gomstiffie en ’n ske^r.

Dagboek vir huiswerk

Dit het jy nodig in jou ringle^er:

Huiswerkrooster

Die´ rooster help om vir die week wat voorle^ en ook langtermyntake en toetse te beplan en word aan die binnekant van die le^er met ’n knyper vasgeheg. Dit word elke week vervang en jy moet langtermyntake op die nuwe rooster oorskryf. Maak jou eie of laai ’n rooster af by huisgenoot.com.

Deurskynende potloodsakkie

Hierin is net die nodige skryfbehoeftes: twee blou penne, twee HB-potlode, ’n skerpmaker en uitvee¨r, ’n liniaal, twee kleurpenne en snees- doekies. Alle ander skryfbehoeftes, soos kleurpotlode, ’n wiskundestel, gom en ’n ske^r, moet in ’n aparte potloodsakkie gebe^re word wat in die skoolsak bly.

Drie kleure plastiekkoeverte

  • Die eerste een word as in-mandjie of vir “werk wat gedoen moet word” gebruik. Alles wat van die skool af moet huis toe kom, kom hierin, soos oefen- boeke en nuusbriewe, kennisgewings en uit- nodigings.
  • Die tweede koevert is die uit-mandjie of vir “voltooide werk”. Alles wat van die huis af skool toe moet gaan, kom hierin (voltooide huiswerk, briewe, geld, kennisgewings, ensovoorts).
  • Die derde is vir liassering. Alles wat nie ’n ander plek het nie, word hierin gebe^re, soos ou toetse, taakaanwysings en dies meer. Hierdie koevert moet weekliks skoongemaak word om ’n deurmekaarspul te voorkom.

Plastieksakkies

Gebruik dit aan die agterkant van die le^er om studiegidse of eni- ge ander verwysingsmateriaal te hou.

Jul roetine

Kry vanjaar jou oggend- en aandroetine in order. Gebruik prentjies om die volgorde van die oggend- of aandroetine te illustreer en kry jou kind sover om die gewoonte aan te leer om dit self te doen. So hoef jy nie dieselfde goed keer op keer te sê nie. Nog ’n manier om dit te doen is om foto’s te neem van jou kinders terwyl hulle die aktiwiteite doen en dit uit te druk. Hierdie foto’s moet uitgestal word waar hulle dit duidelik kan sien. Sodoende kan jy net na die volgorde verwys sonder om te karring. Jy kan ons foto’s van die verloop van ‘n oggend van ons webtuiste aflaai.

Weekbeplanners

Sommige kinders het besige middae, en weekbeplanners help hulle tyd inruim vir hul huiswerk en vrye tyd. Dit sal ook keer dat hulle te veel hooi op hul vurk het. Daar is talle maniere om dit te maak: Jy kan ’n witbord gebruik, jou eie maak of ons s’n van Huisgenoot.com aflaai. Hang die weekbeplanner waar jou kind dit daagliks kan sien. Die beplanners moet elke kwartaal bygewerk word.

Maandbeplanners

Laai maandbeplanners van die internet af of maak jou eie. Dit moet groot genoeg wees dat minstens vier inskrywings per dag daarop pas.

Wat moet op ’n maandbeplanner aangeteken word?

  • Skoolvakansies, openbare vakansiedae, herdenkings, verjaardae, verjaardagpartytjies, speelafsprake, sportwedstryde, spertye vir projekte, toetse, eksamens, skooluitstappies, skoolopvoerings, spesiale dae by die skool, oueraande, ensovoorts. Jy kan ook jou en jou wederhelf se rooster aandui soos vergaderings of ander afsprake na´ ure.
  • Skryf die besonderhede van uitnodigings (soos die adres en telefoonnommer) op die maandbeplanner sodat jy nie weer na die uitnodiging hoef te soek nie.
  • Vul net eenmalige geleenthede op die maandbeplanner in; roetinebedrywighede hoort op die weekbeplanners.
  • Daar moet drie maande op ’n slag sigbaar wees waar almal dit daagliks kan sien.
  • Jy kan ’n bepaalde kleur pen vir elke gesinslid gebruik.

Wenk

Bespreek die gebruik van die dagboek met die onderwyser. Help jou kind aan die begin om dit te gebruik tot hulle dit self kan doen.

- Die´ idees kom uit The manual That never came with Your child deur Jane Jarvis en Debbie de Jong (Random House struik, R162 by kalahari.com)