Genoeg vir 4-5 mense (en oorskiet)

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: sowat 1½-2 uur

2,5 kg primarib

sout en vars gemaalde swartpeper

80 ml Marokkaanse droë vleisvryfmengsel

60 ml (¼ k) olyfolie

3 middelslag-uie, in kwarte gesny

6 aartappels, geskil en in kwarte gesny

3 knoffelhuisies, geskil

sap en skil van een suurlemoen

Voorverhit die oond tot 160 °C.

Geur die vleisstuk met sout en peper.

Meng die Marokkaanse vryfmengsel met die helfte van die olyfolie.

Gebruik jou hande en vryf die mengsel goed by die vleis in.

Plaas die vleisstuk in ’n groot, gesmeerde oondbak en oondbraai 40 minute.

Voeg die uie, aartappels en knoffel by.

Geur die vleis met die sap en skil van die suurlemoen en bedruip die vleis en groente met die ekstra olyfolie.

Oondbraai nog 40-50 minute of tot net gaar, maar steeds pienk van binne.

Laat staan 10 minute voor jy dit opsny.

Sit die vleis en groente saam met ’n groenslaai en gebraaide kersietamaties voor. (Die oorskiet word vir Dinsdag se kos gebruik.)

Volg Huisgenootop Twitter.