Eers proe sy aan die fyngemaakte kos in die een botteltjie, dan neem sy ’n happie uit die volgende.

Michelle Garforth-Venter hou aan proe tot sy die inhoud van elk van die vyf glasbotteltjies sonder etikette op haar tong rondgerol het. Dan sê sy vinnig: “Dis maklik – dié een is die organiese babakos!”

Die TV-aanbieder wat vandeesmaand haar eersteling op haar 39ste verjaardag verwag, laat haar nie maklik uitvang nie. Sy is immers ’n gesondheids-fanatikus, en hier in die laaste maand van haar swangerskap kan sy al klaar sê watter babakos organies is en die gesondste vir haar kleinding sal wees.

Dié toets wat sy met vlieënde vaandels geslaag het, was net een van die speletjies wat haar vriendinne haar laat speel het toe hulle haar onlangs met ’n ooievaarstee by die Gooseberry-gastehuis in Linden, Johannesburg, verras het.

Dit was omtrent ’n uithanggeleentheid en ’n hele paar van Michelle se glansvriendinne was ook daar, soos die televisiepersoonlikheid Sandy Ngema, die krieketkommentator Kass Naidoo – sy het haar 13 maande oue Daniel saamgebring – en die voormalige Mej. Suid-Afrika Thuli Sithole. Sy word self binnekort ma.

Lees die volledige artikel in die uitgawe van 1 April.