Onwettige medikasie is gevind tydens ’n soektog van die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius se tronksel, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.

[caption id="attachment_128642" align="alignnone" width="650"]Oscar Pistorius verlaat die hof nadat die voorvonnisverrigtinge van sy moordsaak Maandag vroeg vir etenstyd verdaag het. Foto: Martin de Kock Oscar Pistorius verlaat die hof nadat die voorvonnisverrigtinge van sy moordsaak Maandag vroeg vir etenstyd verdaag het. Foto: Martin de Kock[/caption] Verskeie tablette van die antidepressante Cipralex en Molipaxin is tydens ’n soektog in die Kgosi Mampuru-gevangenis op 19 Julie gevind, het die aanklaer Gerrie Nel aan die sielkundige prof. Jonathan Scholtz gesê. Lees ook: Dis wat Oscar Pistorius se vonnis waarskynlik gaan wees, meen kenners Hy het Jonathan gekruisondervra nadat dié vir die verdediging getuig het dat nog tronkstraf nie vir Oscar op maatskaplike of sielkundige vlak sou baat nie, en dat hy sy vaardighede beter sou kon benut om ’n bydrae tot die samelewing te lewer.

Gerrie het daarna gevra dat die hof tot 14:30 verdaag, waarna hy ’n getuie sou ondervra tot die hof om 15:00 verdaag. Regter Thokozile Masipa het ingestem tot die versoek. Gerrie het vroeër probeer om Jonathan sover te kry om te sê of Oscar erken het dat hy bedoel het om Reeva Steenkamp dood te skiet. Hy het verwys na die appèlhof se beslissing dat Oscar ’n swak getuie was en nooit sy rede verduidelik het vir hoekom hy vier skote afgevuur het nie.

“Het mnr. Pistorius aan jou gesê dat hy met opset na die deur geskiet het, met die doel om dood te maak,” het Gerrie gevra?

Jonathan het na vele besware van Oscar se prokureur, Barry Roux, ja geantwoord. “Dis die eerste weergawe van ’n opsetlike geskiet wat ons in hierdie hof gehoor het. Ek sou dit graag wou toets, nie deur jou nie. Ek dink dat hy moontlik meer as dit wou doen,” het Gerrie geantwoord. Hy het nie uitgebrei op wat hy met “meer” bedoel nie.

Lees ook: Oscar Pistorius staan eerste televisie-onderhoud ná Reeva se dood toe

Oscar word gevonnis vir die moord op Reeva 14 Februarie 2013. Die appèlhof het in Desember verlede jaar sy skuldigbevinding aan strafbare manslag omgekeer en die saak terug na regter Masipa verwys om ’n gepaste vonnis te bepaal.

Volg die regstreekse voer uit die hof:

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Orlando-slagting: Dit is wat ons van die massamoordenaar weet

Hoe goed ken jy jou dierverwante idiome?

Leer ken jou kind se leerstyl en speel klaar met studiekopsere

#SpeelSaam: Gaan hierdie legkaart van giggelende sebras jou klop?