Dames, julle ken seker die gevoel. Jy loop straat-af en elke tweede ou staar jou aan. Jy hou dalk daarvan, selfs baie. Maar sê nou jy hou net mooi niks daarvan nie?

. ’n Chinese onderneming het die androgene modeneiging spesifiek ontwerp vir vroue wat mans wil afskrik.

Dit word geadverteer as die volmaakte teenmiddel teen skurke in die somer en ’n moet vir jong vroue wat uitgaan.

’n Foto van die kouse het honderde opmerkings ontlok, wat wissel van geamuseerd tot afgryse.

“Afskuwelik!” het iemand gesê. “ ’n Moet vir die moltrein?” wonder iemand anders.

Die nuwe gier het ongelukkig ook ’n nadeel. “Dit sal nie net lasposte laat verbyhou nie, dit sal beslis ook verhoed dat enige aantreklike ou jou nader,” meen iemand. Maar as ’n man wel met jou flikflooi, kan jy seker wees dit gaan oor meer as jou lyf.

Die vreemde uitvindsel is net ’n nuwe manier om ongewenste aandag af te weer. Maar, dames, het julle al die goedkoper alternatief oorweeg? Laat net jou beenhare groei . . .

- Faiza Mallick

Bron: http://www.dailymail.co.uk