Janelle Jones van Rochester in Amerika het Vrydagaand maaltye by Burger King bestel. Sy was al op pad huis toe met haar sakkie toe sy ontdek dat die sak vol geld is.

Sy het dadelik haar man, Matthew, gebel wat voorgestel het sy moet eers huis toe kom sodat hulle saam die geld kan teruggee.

Die geld was glo alles in banksakkies en dit was duidelik dat iemand van plan was om die geld te deponeer.

Matthew erken dat hulle nie “perfekte mense is nie” en dat hulle dit oorweeg het om die geld te hou.

“Ons sou dit beslis kon gebruik.” Maar, hy sê hy en sy vrou is Jehovasgetuies end at “Jehova alles sien”.

Bronne: fosters.com, yahoo.com