Die eienaar van die twee manlike kamele het aan polisie vertel die kamele is Maandagaand waarskynlik met ’n sleepwaentjie gesteel.

Die bruin kamele is albei drie jaar oud en byna 3 m lank.

“Ons probeer vasstel wat die mark vir kamele is, waarheen hulle dalk op pad is en vir watter doel,” het ’n polisieman, Tom O’Sullivan, gesê.

Hoewel veediefstal ook in die VSA soms plaasvind, is dit nogal eienaardig dat iemand kamele steel. Kamele is nie in die algemeen diere wat saamwerk of saggeaard is nie en daar word vermoed die boewe het nogal geweet wat hulle doen tydens die ontvoering.

Bronne: Reuters, Yahoo News