. Geen van die kolleges kon sy aansoek aanvaar nie omdat hulle nie sy identiteitsnommer kon verifieer nie. Julian het by sy skoolvoorligters gaan hulp soek toe dit blyk dat die ID-nommer wat sy pa hom gegee het, nie bestaan nie. Hierdie soektog het ook die FBI laat regop sit, want Julian se ontvoering destyds is by die Nasionale Sentrum vir Vermiste en Uitgebuite Kinders geregistreer. Samewerking tussen dié twee organisasies het tot die ontdekking van Julian op 30 Oktober 2015 gelei.

Julian kan geensins onthou dat sy pa hom 13 jaar gelede ontvoer het nie. Hulle het destyds in Vestavia Hills, Alabama, gewoon. Sy pa, Bobby, was veronderstel om hom by sy kleuterskool af te laai, maar Julian het nooit by die skool opgedaag nie. Dit blyk dat Bobby op 28 Augustus 2002 van Julian se klere en speelgoed ingepak, talle van sy bankrekenings leeggemaak en na Cleveland, Ohio, gevlug het.

Bobby het ook dokumente vervals waarin hy onder meer hul naam verander het. Niemand naby aan hulle was bewus daarvan dat die twee onder vals name geleef het nie.

Bobby is intussen in hegtenis geneem en borgtog van R3,5 miljoen toegestaan. Aanklagte van ontvoering en vervalsing van dokumente is teen hom aanhangig gemaak. Verdere aanklagte word nie uitgesluit nie.

Julian se ma is uiters verlig en opgewonde oor die nuus dat hy veilig en ongedeerd gevind is, maar meer wil sy nie in dié stadium sê nie.

Bronne: inquisitr.com, cbs12.com