’n Vrou, Autumn Garrett (22) het in die voorval in Cincinnati, in die Amerikaanse deelstaat Ohio, gesterf. Agt ander mense, onder wie drie kinders, moes vir skietwonde in die hospitaal behandel word. Cheyanne (21) is ook in die aanval in haar been gewond.

Toe kom die skokkendste nuus van alles: Sy het blykbaar haar ongebore baba verloor. Simpatie met die verpletterde vrou het vanuit alle oorde ingestroom.

Denney het geen woorde ontsien in sy kommentaar oor Cheyanne se wanvoorstelling van daardie noodlottige aand se gebeure nie.


Maar Maandag het die polisiehoof van Colerain, Mark Denney, ’n aankondiging gedoen wat skokgolwe deur die gemeenskap sou stuur: Cheyanne was nooit swanger nie!

Om die kroon te span, was dit dalk nie die enigste onwaarheid waarmee Cheyanne na vore gekom het nie. Daar bestaan glo ’n sterk moontlikheid dat sy nie eens in die vertrek was waar die aanvallers op haar gaste losgebrand het nie.

Denney het geen woorde ontsien in sy kommentaar oor Cheyanne se wanvoorstelling van daardie noodlottige aand se gebeure nie.

Ons wens ons tyd was toegewy aan ware leidrade wat ons in staat sou stel om gevaarlike misdadigers van die straat te verwyder.


“Ure en dae is vermors met die opvolg van leidrade wat leuens was.

“Ons is mislei om te glo ’n ongebore kind het in die voorval gesterf, net om uit te vind dit was nie die geval nie.

“Die Colerain-polisiedepartement sal nie verdere kommentaar oor misleidende inligting lewer nie, behalwe om te sê ons wens ons tyd was toegewy aan ware leidrade wat ons in staat sou stel om gevaarlike misdadigers van die straat te verwyder.”

Cheyanne se pad besaai met moeilikheid

Vriende van Cheyanne het aanvanklik vir haar ’n GoFundMe-blad begin om vir haar geld in te samel. Dié projek is gesluit nadat die nuus van haar voorgeeswangerskap bekend gemaak is.

Foto: Facebook


Ene Krissy Watson het op Facebook beweer Cheyanne het al voorheen voorgegee sy is swanger.

In Desember 2014 het Cheyanne ook opslae gemaak – daardie keer omdat sy na bewering deur haar kêrel en verskeie vroue aangerand is terwyl ander die onstellende voorval op video vaslê.

Die aanval het glo plaasgevind toe sy ’n motor wou koop. Sy is van diefstal beskuldig en het vas geglo haar kêrel het die aanval beplan.

’n Anonieme skenker het ’n beloning van bykans R130 000 uitgeloof vir inligting wat die saak kan bevorder en tot die inhegtenisneming van die twee aanvallers sal lei.

Bronne: pbs.twimg.com, wcpo.com, nydailynews.com