Kort voor Heath Ledger weens ’n oordosis dood is, het sy een suster hom nog oor sy dwelmgebruik gewaarsku.

Sy het hom gesmeek om sy leefstyl in oënskou te neem. “Kate se laaste gesprek met hom was oor sy medikasie en sy het hom gewaarsku: ‘Jy kan nie pille meng waarvan jy niks weet nie,’ ” het hy aan news.com.au vertel.

“Heath het gesê: ‘Katie, Katie, ek sal oukei wees.’ Dit was ’n onverskillige seun se antwoord. Ek veronderstel dit het net sy hele liggaam laat afskakel.”

Heath se dood is as ’n ongeluk beskryf en toksikologieverslae het daarop gedui dat hy dood is weens “akute bedwelming weens die saamgestelde uitwerking van oksikodon, hidrokodon, diasepaam, temasepaam, alprasolaam en doksilamien”.

Kim hou vol sy seun was nie ’n dwelmverslaafde nie; hy kan net homself blameer vir sy voortydige dood. “Dit is wat ons verpletter het, want sy suster het hom die aand voor sy dood gewaarsku: ‘Jy moenie die medikasie vir jou longontsteking met jou Ambien meng nie.’ Maar die meeste van Heath se probleme was deur sy eie toedoen.”

Kim beweer ook sy seun se werkrooster het hom tot dwelms gedryf. “Hy was ’n jong ou wat gedurig vir werk moes reis. Selfs as tweejarige het hy amper nooit geslaap nie. Hy het probeer werk en reis en alles in ’n kort tydjie probeer inpas. Heath het ’n paar middels met slaappille gemeng en nou is hy vir altyd weg. Dis iets wat ons moet verwerk.”

Sy opmerkings val saam met die publikasie van ’n nuwe onderhoud in die tydskrif Rolling Stone waarin Jared Leto sê Heath se Oscar-bekroonde spel as The Joker in The Dark Knight was “volmaak” en “een van die beste vertolkings nog”.

© Cover Media