Emilija Kowatsjewa van Sofia in Bulgarye het erken sy het die baba geslaan tydens haar skof van 24 uur by die Sofia Med-hospitaal in die land. Sy het aan die polisie gesê sy was gefrustreerd, want die baba wou nie slaap nie en sy het haar gestraf om te keer dat sy die ander babas in die vertrek wakker maak.

Die baba het grusame beserings opgedoen en daar is gevrees sy sou nie oorleef nie.

Sy is aangekla van poging tot moord en kan tot 20 jaar tronkstraf kry. Party woedende lede van die publiek het geëis die verpleegster moet die doodstraf opgelê word.

Die hospitaal se woordvoerder, Boriana Marinkowa, het oor die voorval gesê: “Die belangrikste ding vir ’n kind se ouers is om te sien hoe die baba sal herstel. Ander dinge is nie so belangrik nie.”

Kyk hier na die aanval:

Bronne: mirror.co.uk, metro.co.uk