Pietermaritzburg –

Die eienaar, Brian Boswell, wat ook die omstrede Brian Boswell’s Circus besit, het aan News24 gesê die dier het Dinsdag ontsnap. “Ons is gister (Woensdag) daaroor ingelig. Dit is sedertdien van kant gemaak,” het hy gesê.

“Daar was ’n veearts by ons en ons moes die dier van kant maak omdat dit nie veilig genoeg was om hom ’n kalmeermiddel toe te dien nie.”

Hy’t gesê die tier het niemand aangeval nie. Hy het nie kommentaar gelewer oor hoe die dier ontsnap het nie. “Die polisie sal dit ondersoek.”

Lees ook: Dronk vrou deur driebeen-tier gebyt

Nicholas May, wat in die Mpushini Valley-gebied woon waarheen die tier koers gekies het, sê ’n buurvrou het Woensdag die dier op haar plaas gewaar. Hy sê die eienaars is gebel en die plaaslike inwoners het aanvaar die dier sou ’n kalmeermiddel toegedien word.

“Hulle het ’n haelgeweer gebring en die hel daaruit geskiet. Die dier is in ’n hok aangehou, dit was so te sê mak,” sê Nicholas.

Dit wou voorkom of die dier die skoot oorleef en na die nabye bosse gegaan het, sê hy.

Lees ook: Amper neusie-verby vir baba-olifantjie

Brian het egter bevestig die dier was dood. Die sirkus het onlangs onder skerp kritiek deurgeloop en daar is gevra dat dit geboikot word ná bewerings dat die diere mishandel word.

Die sirkus het op hul webtuiste geskryf: “Die diere is ’n belangrike deel van die siruks en word as deel van die familie behandel. Hul welstand is uiters belangrik...ons bring baie meer tyd met ons diere deur as wat die gemiddelde werkende persoon met hul troeteldiere kan deurbring.”

Bron: News24

Ander stories

Sewejarige verdrink in Margate-swembad

Ma deel hartroerende foto’s van babaseuntjie wat sy geweet het nie sou oorleef nie

‘Nee, Pappa, nee!’ – voor pa dogter ‘ses keer skiet’