Justin se broer, Stefan (25), ook ’n beroepsrenjaer, het onlangs getwiet “@justin_wilson het vandag die lewe van ses mense gered. Hy hou net aan om homself te oortref.”

Die 37-jarige renjaer is Maandagoggend oorlede dat hy ’n kort rukkie in ’n koma was. Hy is Saterdag beseer toe ’n wrakstuk van ’n ander motor hom vermoedelik teen die kop getref het.

Sy dood volg kort op die hakke van dié van Jules Bianchi (25), ’n Formule Een-legende wat net meer as ’n maand gelede oorlede is nadat hy tydens ’n wedren ernstige kopbeserings opgedoen het.

Justin het in 2003 aan sy eerste Formule Een-wedren deelgeneem en was langer as ’n dekade ’n beroepsrenjaer.

Bronne: Twitter, independent.co.uk