Ons deel die nuutste inligting soos bekend, hieronder: Nog 'n ontploffing ruk Brussels, dié keer by die ondergrondse stasie. Van die eerste foto's na die aanslag op die ondergrondse stasie.

Na wat berig word, het minstens 11 mense gesterf en 20 is beseer tydens die ontploffings.

Die ontploffings kom vier dae nadat Salah Abdeslam, die hoofverdagte in die terreur-aanvalle in Parys in November, in ‘n woonstel in die Belgiese hoofstad in hegtenis geneem is.

Vroeër vandag:

Na wat berig word, het minstens een persoon gesterf. Talle is beseer en honderde is vasgekeer nadat die ontploffings plaasgevind het.

Ooggetuies sê hulle het “skokgolwe” van die ontploffing gevoel wat glo rondom 09:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind het.

Beeldmateriaal en foto’s wat die ronde doen vertel die gruverhaal van mense wat vir hul lewens vlug.

Meer bomme by die lughawe gevind.

Bronne: Twitter, YouTube, Mailonline.co.uk