Die voortiener Taylor Hatala het ’n aanlyn ster geword met haar ongelooflike danspassies. 

taylorUntitled - Copy

Taylor, van Kanada, het ook haar vernuf gewys met dansroetines op die maat van Nicki Minaj se Anaconda Meghan Trainor se All About That Bass.

In die media word sy nou as ’n “wonderkind” en “fenomeen” beskryf. Maar vir Taylor is dit net ’n droom wat bewaarheid word.

“Ek het dit glad nie verwag nie,” sê Taylor.

Sy het op drie begin dans; haar ouers het haar klopdans-, jazz- en balletklas laat bywoon. Op ses het sy haar eerste hip-hop-klas beproef en was onmiddellik dol daaroor. “Soos wat ek ouer geword het, het ek besef dit is meer as net pret; dit was ’n passie, iets wat my gelukkig maak.” Die jong danser het ook ’n dansmaat.

Haar agtjarige sussie, Reese, is net so ’n knap danser.

Kyk hoe die susters in hul jongste video in ’n naelsalon baljaar:

- Janine Nel

Bronne: billboard.com, today.com, buzzfeed.com