Die ster van Blind Side het tydens ’n fotoreeks vir die tydskrif People met haar dogter, die 3½-jarige Laila, gespog. Die foto is deur haar kêrel, die fotograaf Bryan Randall, geneem.

Sy het in Oktober ontken sy het ’n tweede kind aangeneem, en het toe nog aan Associated Press vertel: “Daar is net een aangenome kind in my huishouding . . . As ek nog ’n aangenome kind gehad het, sou almal daarvan geweet het. Ek sou hard en duidelik gesê het: ‘Ja, ek het amptelik ’n tweede kind aangeneem’. Op die oomblik is dit net Louis.”

Sandra (51) het drie jaar gelede begin soek na ’n broer of suster vir Louis. Sy het Laila, wat in Louisiana in pleegsorg was, aangeneem.

“Wanneer ek na Laila kyk, twyfel ek glad nie dat sy veronderstel was om hier te wees nie,” sê sy. “Ek kan met eerlikheid sê die absoluut regte kinders het op die absoluut regte tyd na my toe gekom.”

Sy gee toe die vyfjarige Louis, wat sy in 2010 aangeneem het, staan aan die spits van die proses en volgens haar het hulle onafskeidbaar geword.

Sandra erken Laila was aanvanklik vreesbevange in haar nuwe huis. “Ek het geweet sy was bang en ek wou net hê sy moes weet dat ek en Louis nêrens heen gaan nie.”

© Cover Media