[caption id="attachment_124620" align="alignnone" width="600"]klj Angela Perdichizzi is Suid-Afrika se eerste Mej. Plusgrootte. Foto: Verskaf[/caption]

“My hele loopbaan wentel om die opheffing van vroue,” sê die skoonheid wat onlangs by die Fire and Ice-hotel in Menlyn, Pretoria gekroon is. Angela is die hoof van leierskapontwikkeling van ’n internasionale maatskappy wat groot Suid-Afrikaanse en Europese maatskappye bestuur. Die maatskappy ontwikkel mense tot leiers.

As tieners het Angela en haar suster, Cathy Perdichizzi, albei gewigsprobleme ondervind en sy vertel haar gewig was konstant “op en af".

"Toe die hormone begin het, is ek geboelie.”

Hierdie herinnering is een van die redes hoekom Angela binne die volgende drie maande ’n anti-boelieveldtog op sosiale media wil begin. “Ek sal dit waarskynlik die stryd teen boelies noem.”

Op die oomblik soek sy nog na ’n borg. “Die veldtog sal tot voordeel strek van alle kinders wat anders is en nie in die sosiale norme pas nie.”

Angela beskryf haarself as ’n baie passievolle individu – iemand wat baie lojaal en baie eerlik is. Sy is ook gefokus en verantwoordelik en beskou haarself as ’n rolmodel en leier.

Die 43-jarige Angela was aanvanklik een van nege vroue wat in die kompetisie gekies is om teen mekaar te kompeteer en uiteindelik was sy een van vier finaliste.

"Ek was gretig om te wen, maar my sekondêre motivering was om die proses te geniet.” Die wen was vir haar belangrik weens haar voorneme om die titel as platform te gebruik.

Winner
Elke finalis moes ’n projek van stapel stuur en Angela het geld ingesamel vir kruideniersware vir die Queen Modjadji Stigting, wat op Woensdag 27 April afgelewer is.

Angela, wat nog nooit getroud was nie, het ’n vier en ’n halfjaar oue dogter, Gabriella.

Aanstaande jaar gaan sy deelneem aan die Mej. Plusgrootte Wêreld in Jamaika. Waar en wanneer presies weet sy nog nie. Intussen beplan sy om ’n daadwerklike verskil te maak in vroue se lewens.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

Danksy berigte help weldoeners dodelike siek meisie by Rooi Kruis uitkom

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Tweejarige seun skiet ma glo dood terwyl sy bestuur

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!