Die Indiese akteur en model is die eerste Indiër wat dié gesogde titel verower het. Die byeenkoms is gehou in Southport in die Verenigde Koninkyk. Sayan Sur Roy, ’n vriend van Rohit (26), het aan Daily Mail Australia vertel hoe hy Rohit sien verander het van ’n “nederige, eenvoudige ou” tot die model en akteur wat hy vandag is.
Sayan vertel Rohit het twee jaar gelede Moembaai toe getrek om sy droom om ’n model en akteur te wees na te jaag.
Rohit het baie gesukkel om rolle te kry, vertel Sayan. Hy het toe later ’n klein rol in ’n TV-reeks losgeslaan. Vriende het Rohit aangemoedig om aan die Mnr. Indië-kompetisie deel te neem. “Ek dink nie hy het daarin belanggestel om aan die Mnr. Indië- en Mnr. Wêreld-kompetisie deel te neem nie – tot hy modelwerk begin doen het,” sê Sayan.
“Maar hy het hard gewerk om Mnr. Indië te word en dubbeld so hard om as Mnr. Wêreld aangewys te word.”
Finaliste van oor die wêreld moet deelneem aan vyf soorte uitdagings: mode en styl, ekstreme uitdagings, multimedia, sport en talent.
“Ek is bevoorreg om Mnr. Wêreld 2016 te wees. Tot dusver was dit ’n ongelooflike reis en ek kan nie wag om te sien wat volgende gebeur nie,” het Rohit met sy oorwinning laat hoor.

Bronne: dailymail.co.uk, indianexpress.com, metro.co.uk