Pepper, wat 1,2 m lank is en sowt 28 kg weeg, het gesigserkenningstegnologie en verskeie kameras, klankopnemers en sensors wat die robot gedrag oor tyd kan aanleer pleks dat dit vir spesifieke take geprogrammeer word.

Volgens Softbank kan mense met die robot kommunikeer soos met vriende en familie.

“Ons doel is om liefdevolle robotte te ontwikkel wat mense kan laat glimlag,” het Masayoshi Son van Softbank gesê.

Pepper is ook ontwerp om met alledaagse takies te help, en kan ’n gewilde opsie word vir die sorg van bejaardes, wat die meerderheid van Japan se bevolking uitmaak.

Die humanoïed, wat in Februarie 2015 in Japan te koop sal wees, gaan sowat R20 240 kos.

Softbank het Pepper in samewerking met die Franse maatskappy Aldebaran Robotics ontwikkel.

Bruno Maisonnier, die stigter en hoof uitvoerende beampte van Aldebaran, het gesê: “Die emosionele robot gaan ’n nuwe dimensie in ons lewe en nuwe maniere skep om met tegnologie om te gaan. Dit is maar die begin, maar dit lyk belowend.”

- Janine Nel

Bronne: dailymail.co.uk, bbc.com