"Pandora is ’n baie spesiale tarantula," vertel haar trotse eienaar en persoonlike fotograaf Cassandra Tainsh (23). van Leeds, Engeland. "Sy maak nogal ’n redelike indruk op haar eie."

Dis maklik om te glo, want Cassandra was aanvanklik absoluut verskrik as daar ’n spinnekop in haar nabyheid was. Sy't skoon die bewerasie gekry net om na hulle te kyk.

Lees ook: Man steek petrolpomp aan die brand toe hy van spinnekop wou ontslae raak

Vier jaar gelede het sy besluit dis tyd om haar vrees reguit in die oë te kyk. Cassandra het toe na ’n reddingsinstituut gegaan met die uitsluitlike doel om ’n tarantula vas te hou.

Haar reaksie op die eerste kennismaking? "Ag, is dit al wat dit is? Dis net ’n wollerige ding op my hand."

[post-slider]

Cassandra sê dit het haar gemotiveer om ander mense met soortgelyke vrese te help. Wie kan dan nou bang wees vir ’n hoeddraende tarantula?

Gelukkig vir Cassandra is haar ma, Penelope, ook nie te veel gepla met al die vreemde huismaats nie. Sy sal selfs vir Cassandra vertel as sy 'n 'oulike' slang iewers raakgeloop het.

Lees ook: Histeriese vrou doodbang vir spinnekoppe

Pandora en haar 18 tarantula-maters is nie Cassandra se enigste vreemde vriende nie. Hulle deel haar huis met 23 slange, 7 akkedisse, vyf reuse-slakke en ’n skerpioen. O ja, 12 katte, vier honde en ’n kêrel voltooi haar vriendekring.

Maar tussen al die geroesmoes is Pandora die enigste een van haar eienaardige wolerige vriende wat haar toelaat om fotosessies te doen.

Bronne: YouTube, instagramzone.com, facebook/pandoraAnneTarantula,