In die Koninkryk van Noorweë sal jy goed bewaarde Vikingskepe van die 10de eeu in die Vikingskipshuset (Vikingskipmuseum) in Oslo aantref. Maar in Stavenger in dieselfde land gaan jy ook deesdae ’n hedendaagse Noorse god, Thor, wat ’n outydse ses voet ses duim in sy sokkies staan, aantref. Waar die oorspronklike Thor met hamers rondspeel, swaai die gespierde Lasse Matberg (30) met bultende armspiere byle rond.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Lasse, ’n luitenant verbonde aan die Koninklike Noorweegse vloot, se vervoermiddel is ook nie heeltemal dieselfde toentertydse strydwaens nie. Dis met hierdie monster wat hy verlede jaar die eerste sneeuval aangedurf het.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on
O ja, “Thor” Lasse verruil ook sy hamer vir ’n vuurwapen wanneer die geleentheid hom voordoen.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Die soldaat, sy beret en . . . sy manbolla. Dit lyk nie of dit ’n probleem vir die vloot se voorkomsreëls is nie.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Dis geheel en al duidelik hoe die “lumbermetrosexual” dit reggekry het om sy Instagram van 500 tot meer as 100 000 volgelinge te laat groei.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Met dié fotosessie vir ’n boek-omslag vir die skrywer Beth Flynn se Nine Minutes Trilogy het van sy vroulike aanhangers behoorlik op hol geraak. “Ek het pas die liefde van my lewe gevind,” het ene reverndxandria geskryf. “Dink jy hy sal met my trou?” was ibrittneydgibson se versugting.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Lasse maak gereeld sy verskyning op Beth se boekomslae. Dit lyk asof Beth inderdaad haar eie “storieman” gevind het. Al is dit net op die omslag . . .

A photo posted by Beth Flynn (@bethflynnauthor) on

Hoewel die meeste van die kommentaar op sy foto’s Noorweegs is, is dit duidelik dat Lasse internasionaal ook ’n groot treffer onder alle geslagte is. Een beskryf hom as “foutloos”, terwyl ’n ander beweer hy’s “geheel en al te ongelooflik mooi”.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Ná die deel van hierdie foto wou een van sy aanhangers met alle geweld soos ’n ware Alice in Wonderland in die haastonnel verdwyn om in Lasse se Instagram-rekening te verdwaal.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Lasse rus nie net op sy (mooi) louere nie; die man is ’n yster wat selfs met ’n paar gebreekte ribbes die Tough Mudder-modderren voltooi het. Met ’n glimlag boonop!

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Gelukkig is hy nie altyd met modder bedek nie. Lasse lyk beslis baie aanvaarbaar in sy kraakwit hemp en daardie haredos.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Natuurlik sal so ’n bekende baard op die regte manier geskeer word: deur ’n vaardige barbier met ’n oorspronklike skeermeslem.

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Geen wonder 8 029 mense het van hierdie foto gehou nie. Gewis ’n geval van eerder oor die halsbandjie as die oulike hondjie!

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Terloops, voor die manbolla en die wilde baard hom sy Thor-voorkoms gegee het, het hy hierdie oulike foto van hom by ’n klein swart varkie gedeel. Een van die versugtinge wat onder die kommentaar verskyn, was: “Jy’s my perfekte man wat bestaan.”

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Nuuskierig om te sien hoe Lasse sonder sy goue maanhare en wildewragtig-baard lyk?

A photo posted by Lasse L. Matberg (@lasselom) on

Bronne: mailonline.co.uk, metro.co.uk, Instagram

Ander stories op Huisgenoot.com:

Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

‘Ek het niks oorgehad nie’: SA-man vertel roerend van sy 35 jaar lange stryd met dwelms