In die nuwe Afrikaanse drama Modder en Bloed beland ’n groep Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog op die eiland St. Helena. Een van hierdie gevangenes is die jong Marius Prinsloo, vertolk deur Edwin van der Walt.

“Marius is ’n baie gedrewe ou; hy weet wat hy wil hê,” verklap Edwin oor sy karakter. “Sy doelwit is om van die eiland af te kom. Hy het vir homself gesê hy sal dit regkry, ten spyte van die moeilike omstandighede waarin hy hom bevind.”

Ná ’n mislukte poging om te ontsnap is Marius se lewe op die spel tydens ’n belangrike rugbywedstryd tussen Boer en Brit wat eersgenoemde nie kan bekostig om te verloor nie.

“Maar niks gaan Marius onderkry nie,” sê Edwin. “Hy het net besluit: Dit maak nie saak wat gebeur nie, hy sal van hierdie eiland af kom.”

Modder en Bloed is van 1 April 2016 te sien in fliekteaters landwyd.

Gaan loer hier na die lokprent.

Nóg oor Modder en Bloed:

EKSKLUSIEF: Modder en Bloed se amptelike lokprent is hier!

Van mannegroep tot regisseurstoel: Sean Else gesels oor sy nuwe rolprent Modder en Bloed

Vars aanslag op die Anglo-Boereoorlog binnekort in nuwe Afrikaanse rolprent te sien