In die nuwe Afrikaanse drama Modder en Bloed beland ’n groep Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog op die eiland St. Helena. Daar kom hulle in kontak met verskeie Britse burgers wat op die eiland woon.

Een is Katherine Sterndale, 'n Emily Hobhouse-tipe karakter wat haar beywer om die omstandighede van die krygsgevangenes te verbeter.

"Dit was regtig wonderlik om 'n karakter te vertolk wat op 'n werklike persoon geskoei is," vertel Charlotte. "Katherine het soveel menslikheid en sy wil daarom graag iets doen om die krygsgevangenes se omstandighede te verbeter."

Huisgenoot het eksklusief met Charlotte gesels oor haar rol in Modder en Bloed.

Modder en Bloed is van 1 April 2016 te sien in fliekteaters landwyd.

Gaan loer hier na die lokprent.

Nóg oor Modder en Bloed:

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Bok van Blerk as kmdt. Scheepers

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Patrick Connolly as Finn Kelly

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Edwin van der Walt as Marius Prinsloo

EKSKLUSIEF: Modder en Bloed se amptelike lokprent is hier!

Van mannegroep tot regisseurstoel: Sean Else gesels oor sy nuwe rolprent Modder en Bloed

Vars aanslag op die Anglo-Boereoorlog binnekort in nuwe Afrikaanse rolprent te sien