In die nuwe Afrikaanse drama Modder en Bloed beland ’n groep Boerekrygers tydens die Anglo-Boereoorlog op die eiland St. Helena.

Bok van Blerk vertolk die rol van kmdt. Scheepers, leier van die Boere-milisie wie se trots diep brand, voor sy lewensvlam gedoof word deur die genadelose kol Swanell.

“Hy vat nie die Engelse se nonsens nie,” vertel Bok van sy karakter. “Hy is ’n outjie wat moeilikheid veroorsaak. En toe besluit hulle om ’n voorbeeld van hom te maak. So ek word lekker opgeslaan in die fliek met dik blou oë en bloed en goeters.”

Modder en Bloed is van 1 April 2016 te sien in fliekteaters landwyd.

Gaan loer hier na die lokprent.

Nóg oor Modder en Bloed:

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Patrick Connolly as Finn Kelly

Ontmoet Modder en Bloed se karakters: Edwin van der Walt as Marius Prinsloo

EKSKLUSIEF: Modder en Bloed se amptelike lokprent is hier!

Van mannegroep tot regisseurstoel: Sean Else gesels oor sy nuwe rolprent Modder en Bloed

Vars aanslag op die Anglo-Boereoorlog binnekort in nuwe Afrikaanse rolprent te sien