Vanoggend was sy nog 'n gewone student van Bloemfontein, en vanaand is sy een van Suid-Afrika se belangrikste ambassadeurs.

Dié Kovsies-student wat medies studeer, stap vanaand weg met pryse ter waarde van meer R1,3 miljoen en neem die kroon by Marilyn Ramos oor.

Die eersteprinses is Ziphozakhe Zokufa (Oos-Kaap) en Matlala Mokoko (Limpopo) is as tweedeprinses gekroon.