Lesers en aanhangers van die Bok-held Joost van der Westhuizen het nou die geleentheid om hom by Huisgenoot-Skouspel te ontmoet. Joost sal daar wees om sy nuwe boek, 99 Dinge Wat Ek Wil Hê My Kinders Moet Weet, bekend te stel. Die bekendstelling gaan as ’n gesprek aangebied word sodat lesers ook hul vrae aan hom kan rig. Weens die motorneuronsiekte (MNS) wat in 2011 by Joost gediagnoseer is, sukkel hy om te praat; daarom staan ’n lid van die J9-stigting hom by as medespreker. Die J9-stigting is deur Joost begin om ondersteuning te bied aan mense wat aan MNS ly en hul families.

  • Waar: Pilanesberg-saal by Sun City
  • Wanneer: 10:00-11:30 op 5, 6, 12 en 13 Oktober
  • Kaartjies: Net mense wat Huisgenoot-Skouspel-kaartjies het, kan gesprekkaartjies koop. Skouspel-kaartjies kos tussen R280 en R620 en om Joost se sessie by te woon kos R100.
Bespreek so:
  • Om te bespreek kontak Kevin du Toit by 021-406-4446 of stuur ’n e-pos na kevin.dutoit@media24.com. Hou jou Skouspel-kaartjienommer byderhand.
  • As jy nog nie ’n Skouspel-kaartjie het nie, bespreek aanlyn by Computicket of by een van hul takke.
  • KLIK HIER om Skouspel-kaartjies aanlyn te koop.

SKOUSPEL0516