Johannesburg –

“Ek is vandag verheug om ’n nuwe spesie bekend te stel . . . dis ’n buitengewone spesie,” het prof. Lee Burger gesê. Sowat 1 550 fossiele is in ’n grot gevind en daar is nog duisende. Die ontdekking sluit dié van 15 individue – agt kinders en vyf volwassenes – in.
Die interessantste deel van die ontdekking is dat die lyke by die grot ingedra of ingegooi is. Dit beteken dat Homo Naledi ’n begrip van die dood gehad het, het Lee Donderdag by die Wieg van die Mensdom gesê.

Die ontdekking kan stereotipes oor Afrika en Afrikane omkeer, het Lebogang Maile, waarnemende premier van Gauteng, gesê. Adam Habib, visekanselier van Wits, het dit beskryf as ’n ontdekking met ’n wêreldwye, gewigtige uitwerking. Die fossiele, wat Donderdag onthul is, is in Oktober 2013 by die Rising Star-grot in ’n afgeleë kamer, sowat 90 m vanaf die ingang, gevind. ’n Span grotklimmers moes deur ’n 18 cm wye gat pas en by ’n vertikale gangetjie van 12 m in baie gevaarlike toestande afklim om die fossiele te verwyder.

Vir 'n interaktiewe grot-ervaring waar Homo Naledi ontdek is, kliek hier.

Bron: News24