[caption id="attachment_119250" align="aligncenter" width="600"]Dit was 'n groot affêre toe Gizmo en Nonnie die dag hondetrou aan mekaar belowe het. Dit was 'n groot affêre toe Gizmo en Nonnie die dag hondetrou aan mekaar belowe het.[/caption]

Toe die bruid haar verskyning in haar wit hooftooisel maak, het die gaste se koppe behoorlik gedraai.

[caption id="attachment_119245" align="aligncenter" width="600"]Nonnie Goosen, die pragtige bruid, het die kollig gesteel. Nonnie Goosen, die pragtige bruid, het die kollig gesteel.[/caption]

Gizmo het ook ewe spoggerig gelyk in sy swart baadjie, wit hemp en strik das.

Gizmo, die bruidegom, ewe spoggerig in sy swart baadjie, wit hemp en strikdas

Maar wag, hierdie is nie sommer enige troue nie, want Gizmo en Nonnie is eintlik twee Yorkie-hondjies wat hier op die voorstoep van die Groom-World hondesalon “in die huwelik” bevestig is.

[caption id="attachment_119240" align="aligncenter" width="600"]Gizmo saam met Chanti, Kylie en Gabby, deel van die gevolg. Gizmo saam met Chanti, Kylie en Gabby, deel van die gevolg.[/caption]

[caption id="attachment_119241" align="aligncenter" width="600"]Nog 'n lid van die gevolg. Pasop, Gizmo! Nog 'n lid van die gevolg. Pasop, Gizmo![/caption]

Teen twee uur die Saterdagmiddag het die sowat 20 gaste en hul 30 hondekinders hul plek op die stoep voor die salon ingeneem.

[caption id="attachment_119239" align="aligncenter" width="600"]Pa Schalk gee vir oulaas vir Gizmo 'n bietjie bruidegomsraad. Pa Schalk gee vir oulaas vir Gizmo 'n bietjie bruidegomsraad.[/caption]

[caption id="attachment_119238" align="aligncenter" width="600"]Ma Martie poseer ewe trots met die komkommerkoel bruidegom. Ma Martie poseer ewe trots met die komkommerkoel bruidegom.[/caption]

[caption id="attachment_119246" align="aligncenter" width="600"]Ma Annetjie maak vir oulaas seker dat Nonnie se uitrusting reg is vir die groot oomblik. Ma Annetjie maak seker dat Nonnie reg is vir die groot oomblik.[/caption]

[caption id="attachment_119244" align="aligncenter" width="600"]Terwyl die tweetjies op hul eienaars, Martie van Rensburg en Annetjie Oosthuizen, se skote lê, het Martie se dogter, Carika, die gaste verwelkom. Terwyl die tweetjies op hul eienaars, Martie van Rensburg en Annetjie Oosthuizen, se skote lê, het Martie se dogter, Carika, die gaste verwelkom.[/caption]

“Hondjie-liefde bring ons almal saam vandag. Nou vier ons die liefde tussen twee woefies wat mekaar sien as die kat se snor. Hulle het nie net hul mammas en pappas se harte gewen het nie, maar ook mekaar s’n. Mag hulle vriendskap en woefie-liefde altyd skitter.”

Die hele ding kom eintlik nou al ‘n lang pad, vertel Martie wat ook die eienares van die Groom-World hondesalon is.

[caption id="attachment_119248" align="aligncenter" width="600"]Martie en Annetjie is huisvriendinne en tydens hul kuiertjies het hul twee honde ook saam gekuier. Martie en Annetjie is huisvriendinne en tydens hul kuiertjies het hul twee honde ook saam gekuier.[/caption]

“Ons het later agtergekom daar is ‘n spesiale band tussen die tweetjies, en so ‘n maand gelede het ek gevoel dit is die regte ding dat hulle nou moet trou.”

“Gelukkig was dit nie ‘n moet-troue nie,” sê Esmé Swanepoel, bestuurderes van die salon.

Carika het die seremonie afgesluit met: “Laat ons hulle seën in die naam van vriendskap en in die naam van vreugde en gesondheid. In die naam van liefde, verklaar ons julle, Gizmo en Nonnie, as liefdespaar en beste vriende.”

[caption id="attachment_119247" align="aligncenter" width="600"]Die hondegaste het heerlik weggelê aan klein hoendersosaties en hondebeskuitjies, terwyl vonkelwyn en ‘n vingerete aan hul mense-ouers bedien is. Die hondegaste het heerlik weggelê aan klein hoendersosaties en hondebeskuitjies, terwyl vonkelwyn en ‘n vingerete aan hul mense-ouers bedien is.[/caption]

Daarna het die hondegaste weggelê aan klein hoendersosaties en hondebeskuitjies, terwyl vonkelwyn en ‘n vingerete aan hul mense-ouers bedien is. Almal het heerlik in die salon met mekaar baljaar waarna die laaste gaste eers teen laatmiddag vertrek het.

Terloops, die verrigtinge kon ook spog met die teenwoordigheid van 'n baie belangrike glanspersoonlikheid: Blaffeney Spears...

[caption id="attachment_119237" align="aligncenter" width="600"]My naam is Spears... Blaffeney Spears. My naam is Spears... Blaffeney Spears.[/caption]

- Jaco Hough-Coetzee

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hierdie 19-jarige perderuiter is die wêreld se jongste biljoenêr

‘Ons kruip weg vir veiligheidspolisie,’ vertel vasgekeerde SA gesin angsbevange uit Oman

Ag moeder! Kyk net hoe oulik is AB de Villiers se kleinding!

Talle diere vrek ná hul vergiftigde karkas in Krugerwildtuin vreet