’n Klein, wollerige, swart kat van Suid-Korea is vinnig op pad om die titel van die oulikste kat ter wêreld te kry nadat foto’s van sy groot oë en sy oulike gesiggie soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

A photo posted by bellcat (@1room1cat) on

Talle foto’s word van Gimo, ’n kat met Skotse afkoms, op Instagram geplaas waar hy en nog twee katte saam met hul eienaar in ’n woonstel woon.

A photo posted by bellcat (@1room1cat) on
Gimo se groot, betowerende oë het diereliefhebbers wêreldwyd aan die gons. Op van die foto’s wil Gimo ’n bietjie uit die kollig kom en sal opgekrul gaan lê in ’n boks, maar steeds sal sy groot, ronde oë alles om hom dophou. Of hy verras lyk of bang is, is wel nou ’n vraag wat menige probeer beantwoord.

A photo posted by bellcat (@1room1cat) on

A photo posted by bellcat (@1room1cat) on

Maar hoe dit ook al sy, of jy van Gimo se gesigsuitdrukking hou of nie, hy is sekerlik die grootste katsensasie op sosiale media sedert Grumpy Cat.

A photo posted by bellcat (@1room1cat) on

A video posted by bellcat (@1room1cat) on

Volg Gimo op Instagram

Volg Grumpy Cat op Instagram

Bronne: Instagram, Dailymail

- Joanie Bergh

Ook op Huisgenoot.com

Hierdie diere gaan jou hart verower

Kat besorg vlieënier byna 'n hartaanval

So lyk die nuwe Kaapse hotel met kamers wat R140 000 per nag beloop