Jiff die dwergkeeshond het ’n plek in vanjaar se Guinness World Records losgespring nadat hy 10 m binne 6,6 sekondes op sy agterbene gehardloop het en ’n 5 m-naellop onder 8 sekondes op sy voorbene afgelê het.

Hy moes albei onder 10 sekondes aflê om vir die wêreldrekord te kwalifiseer; hy kon albei die eerste keer regkry.

Maar dié hondjie het ook ander talente, soos skaatsplankry, buig en blad skud.

Jiff het ook in ’n aantal musiekvideo’s en advertensies gespeel. Sy bekendste rol is seker in die musiekvideo vir Katy Perry se liedjie Dark Horse.

Hy het baie aanlyn aanhangers; 1,3 miljoen op Facebook en meer as 14 000 op Twitter.

Bronne: Huffington Post, Buzzfeed, YouTube