Haar huisie bars uit sy nate met meer as 10 000 versamelstukke wat wissel van foto’s, beeldjies en bordjies, tot teedoekies en lewensgrootte-uitknipsels van die gesin. Die media noem die 70-jarige die “koningin van koninklike aandenkings”. Sy het in 1977, toe koningin Elizabeth II haar eerste kwarteeu op die troon gevier het, gedenkwaardighede begin versamel.
Haar versameling is vir meer as R700 000 verseker.
Vandag wei sy verskillende vertrekke in haar huis aan die koningin, prinses Diana en die jonger geslag koninklikes. Haar sitkamer loop oor van gedenkstukke van prins William, sy vrou, Catherine, en prins George, maar Margaret het reeds ’n plekkie gemaak vir die nuwe koninklike baba, wat einde April verwag word.
“Ek is meer as opgewonde . . . Dit voel asof dit my laaste gedagte saans en eerste gedagte soggens is,” het sy gesê. Sy het reeds ’n banier buite haar huis opgesit wat lui: “Veels geluk met die geboorte van julle kind”. Nes met prins George se geboorte in Julie 2013, is sy van plan om buite die hospitaal te wag op die baba se koms.

Haar versameling is vir meer as R700 000 verseker. Sy het die boonste verdieping van haar huis opsygesit en neem graag gaste soontoe teen ’n fooitjie. Dikwels bring die mense koek en tee saam en dan kuier hulle lekker saam daar bo. Sy vertel ook dat baie van die gedenkwaardighede geskenke van ander aanhangers is wat moes afskaal en graag die aandenkings na ’n goeie huis wou stuur.

Bronne; Twitter, Reuters, Yahoo News