Die steen is in die suide van Australië ontdek en heet die Maagdelike Reënboog. Dit gaan binnekort die eerste keer aan die publiek vertoon word by 'n bekendstelling in Australië, berig Atlas Obscurra.

Met 'n geraamde waarde van meer as R12,7-miljoen is dit die duurste opaalsteen ter wêreld. Die waarde is na bewering danksy die steen se helder kleure en manier waarop dit lig weerkaats.

Dit bestaan uit kieselsteen en water en is oor miljoene jare gevorm uit die fossiele van dinosourusse.

Bronne: Atlas Obscurra, Buzzfeed, Twitter