[post-slider] Prinses Mary Adelaide Wilhelmina Elizabeth, wat amper 200 jaar gelede in 1833 gebore is, en haar suster, prinses Augusta, wat in 1822 gebore is, was die eerste prinsesse wat dié titel gehad het.

Die jongste prinses van Cambridge het met haar neef Frederik Willem van Mecklenburg-Strelitz getrou en twee seuns by hom gehad.

Die jongste prinses van Cambridge het met haar neef Frederik Willem van Mecklenburg-Strelitz getrou en twee seuns by hom gehad.

Mary Adelaide was nie baie soos haar “uitgeslape, intelligente” jonger suster nie, maar een van haar kinders het op die troon beland. Mary was een van die eerste koninklikes wat haar steun aan ’n verskeidenheid liefdadigheidsorganisasies toegesê het. Daarvoor het sy, soos Diana, as die “die volksprinses” bekend geword.

Ongelukkig het sy ook ’n minder vleiende bynaam gehad – “vet Mary”. Toe sy op 30 steeds ongetroud is, het koningin Victoria ingegryp en ’n huwelik tussen Mary en die Duitse adellike prins Frans van Teck gereël. Mary het ’n dogter en drie seuns by hom gehad.

Die Tecks het graag bo hul vermoëns geleef en is later verplig om twee jaar na Italië te vlug om aan hul skuldeisers te ontsnap.

Mary se dogter, bekend as Mary van Teck, was ’n gunsteling van koningin Victoria. Sy is later met George V getroud, wat van 1910 tot en met sy dood in 1936 regeer het. Hulle was die grootouers van koningin Elizabeth II.