zipho featured image
 

Sy is 23 jaar oud en 1,76 m lank.

Ziphozakhe is van Walmer, Port Elizabeth.

Sy was eers ’n beroepsangeres en het die wêreld deurreis om haar land te verteenwoordig.

Ziphozakhe bespeel die klavier, tromme, klarinet en kitaar. Sy komponeer ook.

Sy is ’n student in TV-vervaardiging aan Afda, die South African School of Motion Picture Medium and Live Performance.

Sy woon deesdae in Kaapstad en doen modelwerk.

Ziphozakhe sal Suid-Afrika in die Mej. Heelal-wedstryd verteenwoordig wat in Miami, Florida, gehou word.

Sy sê haar ouers is haar rolmodelle. Haar pa is ’n skoolhoof en haar ma ’n onderwyseres.

Ziphozakhe sou Oprah Winfrey baie graag wou ontmoet. “Van my grootste lewenslesse het ek op haar program geleer. Sy is ’n magtige media-eienaar, geselsprogramaanbieder, aktrise, regisseur en filantroop. Sy is ’n magtige vrou wat haar handelsmerk met harde werk en toewyding gevestig het,” sê sy.

- Elana Marais