Jare lank reeds word daar gek geskeer met bekendes se name. En David Hasselhoff, veral bekend vir sy Baywatch-dae, het heerlik deurgeloop.

Nou het hy besluit om weg te doen met alle onnodighede en sy naam te verander. Nee, hy is nie nou amptelik “The Hoff” nie, maar sal voortaan as David Hoff bekend staan.

Hy het reeds sy naam op Twitter aangepas en die volgende daaroor te sê gehad: “Groot nuus vandag en ‘n massiewe verligting vir my. Ek hoop elkeen kan dit verstaan . . . dit voel fantasties!”

david hasselhoff

Bronne: eonline.com, time.com