[post-slider]

Top-12-Miss-SA-finalists-back-row-Anzel-Mishka-Rolene-Caylene-Matlala-Abigail-Ziphozakhe-Julia.-Front-Tshegofatso-Dipalesa-Tidimalo-and-Jade

Die wedstryd het onlangs ’n opwindende verjonging ondergaan en honderde het ingeskryf vir die kans om op 30 Maart as Mej. Suid-Afrika 2014 by Sun City gekroon te word. Nadat hulle deeglik getoets is, het 12 talentvolle en pragtige meisies uit alle dele van die land die eindstryd gehaal. Ontmoet die jong vroue wat meeding om Mej. Suid-Afrika te word.

The Road to Miss South Africa word elke Sondag om 17:30 op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) uitgesaai. Dié werklikheidsreeks wys al die glans en opwinding in die aanloop tot die 56ste Mej. Suid-Afrika-kompetisie wat op 30 Maart by Sun City gehou word en die top-12 finaliste word aan kykers voorgestel. Mej. Suid-Afrika word deur Sun International verteenwoordig en deur Cell C geborg.

Besoek:

•        Webtuiste: www.misssa.co.za

•        Facebook: www.facebook.com/MsSouthAfrica

•        Twitter: @official_misssa , Hashtag #MissSA2014

•        Instagram: official_misssa