Superhelde kom voor in alle vorme en groottes.

Sedert sy een jaar oud was, het dié kat die Universiteit van Augsburg in Beiere, Suid-Duitsland, met een doel voor oë besoek: om geliefkoos te word.

Die studente is absoluut gaande oor die kat.

Andreas, die kampussekretaris, het aan Bored Panda gesê die kat se besoeke het al byna ? roetine geword en dat dit almal help om van hul stres te vergeet.

Die kat deurkruis ook die hele kampus om by elke student van al die fakulteite uit te kom. Baie van die studente sê Kampus Kat, soos sy gedoop is, help hulle ontspan voor hulle toetse, opstelle en eksamens aanpak.

Hoewel die gemmerkatjie ? huis en ? eienaar het wat naby die Beierse kampus woon, is sy dol oor die geselskap van die studente en kan niks haar daarvan weerhou nie.

Die joviale kat geniet dit ook terdeë om luilekker in die son te lê en die biblioteek te besoek, waar sy morele ondersteuning bied aan studente terwyl hulle studeer.

 

Bronne: BoredPanda, LoveMeow, Facebook.