Huckleberry die hond is besig om internasionaal roem te verwerf. Die rede? Hierdie hond van Austin in die deelstaat Texas beskik nie oor ’n greintjie hoogtevrees nie. Moet dus nie geflous wees deur daardie “kom-red-my”-uitdrukking op sy oulike gevreetjie nie. Inteendeel, Huckleberry geniet dit so baie om ewe uitdagend op sy eienaars, Justin en Allie Lindemuth, se dak te sit dat hulle genoodsaak was om bekommerde verbygangers met ’n nota gerus te stel.

Alhoewel hulle dankbaar is vir almal se besorgdheid, het die bekommerde kloppe aan hul voordeur hulle tot die skryf van die nota gedryf. Huckleberry doen dit immers reeds vandat hy nege maande oud is.

Volgens die gerusstellende nota is Huckleberry net so avontuurlustig as sy Huckleberry Finn-naamgenoot. Hy het glo geleer om vanaf hul agterplaas tot op die dak te spring. Terselfdertyd maak hulle dit ook duidelik dat Huckleberry nooit op sy eie in die agterplaas gelaat word nie.

Allie beskryf Huckleberry se besoeke bo grondvlak as sy "dak-tyd" . . .

Maar hoe kry hulle weer hul beste vriend veilig terug op vaste grond?

“Hy sal nie afspring voordat jy hom met kos of met ’n bal verlei nie,” sê hulle. “Maar neem gerus foto’s van hom en deel dit met die wêreld! #hucktheroofdog,” sluit die nota af. Deesdae spog Huck met sy eie Instagram-rekening én ’n verskyning op televisie!

My happy place?#hucktheroofdog

A post shared by Huckleberry (@hucktheroofdog) on

#hucktheroofdog

A post shared by Huckleberry (@hucktheroofdog) on

Great day for the park?Loving this sunny day in Austin. #hucktheroofdog

A post shared by Huckleberry (@hucktheroofdog) on

Zilker Bark #hucktheroofdog

A post shared by Huckleberry (@hucktheroofdog) on

Twitter se reaksie