Sy doen selfs ’n agteroorsalto op die rantjie van ’n wolkekrabber of twee. Die talentvolle fotograaf, wat haarself touwys gemaak het, gaan duidelik nie toelaat dat enigiets keer dat sy die volmaakte foto neem nie.

Angela, wat haarself ’n “dakklimmer” noem, is altyd op die uitkyk vir waaghalsige uitdagings wat sy met haar 218 000 volgers op Instagram kan deel.
Haar jongste video toon die adrenalienverslaafde en ’n pel waar hulle in Tianjin, China, teen ’n vreesaanjaend hoë hyskraan opklim.
Die 640 m hoë hyskraan staan bo-op die hoogste konstruksieterrein ter wêreld.
Alhoewel Angela se duiselingwekkende foto’s en haar liefde vir avontuur gesorg het dat sy ’n klomp volgers het, waarsku sy mense om nie haar toertjies by die huis te beproef nie.
Moet dit dus nie self probeer doen nie.

Bronne: BoredPanda.com, www.Demilked.com, Photogrist.com, www.stuff.co.nz